FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Wees gegroet, somerskind

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wees gegroet, somerskind Empty Wees gegroet, somerskind

    Post by Joan Lotz Wed 12 Oct 2011, 2:33 am

    wees gegroet, skone lentebloeisels
    soet is die smaak van jul uitvloeisels
    selfs bye kan dié geur nie weerstaan
    lokkend jou vrug, gloeiende rooi maan

    wees gegroet, geliefde somerskind
    met hartlike kus deur songlans verblind
    aan siel met vergulde lint ewig verbind
    onbewus glinster-gloed drome verslind

    wees gegroet, liefde wat lank gelede was
    reënboogkleure eens jou prag-verfkwas
    stadigaan verbleik, grysvaal reste soos as
    gister se grou skaduwees hou steeds vas

    wees gegroet, gevreesde ys van winterkou
    vriesende vingers wese al stywer omklou
    bibberend, snerpend, liefdesgeluk weerhou
    lewenslus stelselmatig in haar laat verflou

    wees gegroet, moed, hoop, lewenskrag
    hoor sy jou fluistering, al is dit hoe sag
    môre... dalk môre, sal liefde êrens wag
    groet somerskind 'n nuwe, wolklose dag.

    2011/10/05 Joan Lotz
    avatar
    Guest
    Guest


    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Guest Wed 12 Oct 2011, 2:38 am

    Lekker om jou werk weer te lees Joan! en treffend soos altyd
    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Joan Lotz Wed 12 Oct 2011, 2:59 am

    Baie dankie, Ronel...bly om hier te wees!
    avatar
    Guest
    Guest


    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Guest Wed 12 Oct 2011, 3:01 am

    flower
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Besoeker Wed 12 Oct 2011, 3:13 am

    wees jy ook baie hartlik gegroet, mooimens uit die woesteland !
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by AmmieMoon Wed 12 Oct 2011, 11:58 am

    Hallo moeder Lin....'n eer en heerlikheid om moedergoed hier te verwelkom !

    ...en hierdie vers getuig weereens van die goue pen in jou hand wat somer soos 'n vere-pluim laat oopbars ! Werklik pragtig ! Like a Star @ heaven
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Enid Wed 12 Oct 2011, 1:26 pm

    lekker om te lees en te leef, welkom hier
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by anderkant Wed 12 Oct 2011, 3:58 pm

    Me. Lotz herinner my aan skooltyd toe onderwysers nog kon slaan en die hoof die hardste kon slaan. Daarmee bedoel ek u herinner my aan 'n tyd wat ek mens wou wees en vir ware gesag kon vrees. Gesag wat my nie verniel of verkul het nie, maar my belange en groei op die hart gedra het. Gesag wat die gevare geken en deurleef het. U is vir my 'n werklike inspirasie en dit is die allergrootste voorreg om u hier te kan verwelkom. Hierdie vers is pragtig! Ek voel (gepas) nederig en klein by die lees daarvan.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by SWERWER Wed 12 Oct 2011, 7:37 pm

    Dagse Joan,

    Ek verwelkom die somer saam met jou en jou vers doen dit vir my op so n mooi manier. Dit is voorwaar n gelukkige somer bries wat jou hier by ons kom aanwaai en ek vir een is verskriklik bly om jou hier in ons midde te he. Welkom.

    SWERWER
    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Joan Lotz Wed 12 Oct 2011, 8:59 pm

    Wow...dis stunning, laat my soos 'n koninginby voel en dit is wonderlik...ek sê baie dankie aan elkeen wat my so hartlik hier verwelkom, dis so spesiaal!
    Eerstens, aan Benny wat my so geduldig deur amper al die stappe gelei het om 'n behoorlike entree te maak...netwerk was nie al die tyd so vriendelik nie, giggel, baie dankie, weer!
    Anderkant: jou woorde laat my rondtrippel van pure opwinding en die gevoel wat dit in my hart tuisbring, dat hierdie 'n besondere blad is en ek gaan myself met woorde hierin vestig wat uit waardering hierdie geleentheid sal vereer, baie dankie vir jou mooi welkomsgroet!
    ammie: jy is spesiaal en ek voel ek is in goeie geselskap hier by julle, baie dankie ook vir jou mooi woorde van verwelkoming.
    Fafnir, Enid en Swerwer, spesiale dank ook aan elkeen van julle...hoop ons gaan heerlik oor en weer kuier met vergulde woorde wat sprankel...ek voel reeds tuis, met julle almal hier om my!
    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Joan Lotz Mon 14 Nov 2011, 8:51 pm

    Ek het Guest vergeet...baie nalatig, baie dankie vir die mooi blommetjie as welkomsgroet...dis 'n mooi gebaar en ek waardeer dit!

    Sponsored content


    Wees gegroet, somerskind Empty Re: Wees gegroet, somerskind

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 12:19 am