FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ek het jou nodig

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Ek het jou nodig Empty Ek het jou nodig

    Post by hanlie Leach Thu 13 Oct 2011, 11:50 pm


    Ek het jou nodig om net by my te wees
    vir my jou mooi liefdesverse te lees
    om sommer net my hart in jou hande
    teen seerkry vas te hou
    my onder jou warm vlerke toe te vou
    vir my 'n kers in die donker aan te steek
    en die bangmaak en verlang spoke
    se kettings om my hart los te breek

    Ek het jou nodig in hierdie waaragtige
    waarheid van liefhê tussen gister en nou
    jou beeld en herinneringe waaraan ek
    soos 'n drenkeling in 'n storm vasklou
    om net jou hand na my uit te steek
    jou nie op my liefde vir jou te wreek
    net dat jy sal verstaan en weet
    dit is onmoontlik om jou te vergeet

    Ek het jou nodig om my stom woorde
    met jou omgee hart te verstaan
    om sonder vrees na jou toe te gaan
    nie te wonder hoe kon jy my vergeet
    jy is die een wat alles van my weet
    ek het jou nodig om my lewe vol te maak
    as jou lyf se hitte en vuur aan my raak
    die vuur weer in my dooie hart aan te steek
    en die koue oor my doodslyf te verbreek
    Attachments
    Ek het jou nodig Attachment301999_268314513203260_254718124562899_835373_277114998_n.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (11 Kb) Downloaded 0 times
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ek het jou nodig Empty Re: Ek het jou nodig

    Post by anderkant Fri 14 Oct 2011, 5:44 pm

    Ek het jou nodig: sonder stokkies omdraai 'n weerlose volle ontbloting van jou siel en hunkering na hom. Ek hou van die "vol" struktuur van die vers, die langer sinne en die amperse "bou-stene" wat die blokke vorm. Daar is inhoud, 'n stewige basis en 'n behoefte aan eerlikheid. Jy bou 'n meesterlike geheel beeld hier en ek staan stom as die een aan wie hierdie gerig word dit nie as 'n grootse geskenk herken nie. Pragtig gedoen Hanlie, werklik.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ek het jou nodig Empty Re: Ek het jou nodig

    Post by anderkant Fri 14 Oct 2011, 5:46 pm

    ek moet byvoeg: somtyds is die raaisels en sirkels waarin ons leef bloot onsinnig, ek is so bly dat jy in hierdie vers afstand doen daarvan. Ek staan met eerbied en respek hierby stil.

    Sponsored content


    Ek het jou nodig Empty Re: Ek het jou nodig

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 21 May 2024, 4:58 am