FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    En net na 05h45 in ñ suburbstraat vol vuil vaalswart-wielietjie-asblikke grawe ñ sluipslaper tussen glas papier ñ week se weggooi-kos en slaan sy hande bewend saam om ñ stink Gideon’s Bible .

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    En net na 05h45 in ñ suburbstraat vol vuil vaalswart-wielietjie-asblikke grawe ñ  sluipslaper tussen glas papier ñ week se weggooi-kos en slaan sy hande bewend saam om ñ stink Gideon’s Bible .  Empty En net na 05h45 in ñ suburbstraat vol vuil vaalswart-wielietjie-asblikke grawe ñ sluipslaper tussen glas papier ñ week se weggooi-kos en slaan sy hande bewend saam om ñ stink Gideon’s Bible .

    Post by Rudi Coetzer Thu 20 Oct 2011, 5:14 pm

    Die stad
    slet al hoe wyer
    lê wydsbeen
    lyf verpand
    siel verkoop
    vir nog Troshuise
    nog Meenthuis-komplekse
    nog Shopping-komplekse
    nog glas Kar-katedrale
    nog estates agter hoë mure
    waar Mansions gekloon
    identiteitsloos stil skinder
    oor binneshuise-realiteite
    sosiale vergrype
    mishandeling molestering
    bloedskande
    verkragting
    en waar trane
    selde van dankbaarheid is
    en huil
    die perfekte slaappil is .

    Die stad
    slet al verder
    lê wydsbeen
    lyf verpand
    siel verrot
    hart bankrot .


    ( 20/10/2011 09h10 )



      Current date/time is Sat 11 May 2024, 4:23 pm