FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Rondomtalie verweer

    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Rondomtalie verweer Empty Rondomtalie verweer

    Post by S.J. du Plessis Fri 21 Oct 2011, 5:04 am

    Verkeerd word reg
    en reg word sleg
    waar gaan die mensdom heen?

    Sleg word goed
    en goed versleg
    waar's goeie oordeel heen?

    Maar in dit als
    is ons mens
    elk individieul

    Ons kies reg
    goed of sleg
    en kan blameer geeneen.

    S.J. du Plessis © Augustus 2011


    Last edited by S.J. du Plessis on Sat 22 Oct 2011, 3:50 am; edited 1 time in total
    avatar
    Guest
    Guest


    Rondomtalie verweer Empty Re: Rondomtalie verweer

    Post by Guest Fri 21 Oct 2011, 11:44 pm

    when we progress into regression,.. the mistake off all civilizations before us, and we too are making it with so much arrogance!
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Rondomtalie verweer Empty Re: Rondomtalie verweer

    Post by BennyB Sat 22 Oct 2011, 12:47 am

    Wat is reg of verkeerd...
    Ek en Willem Coetzee het die onderwerp al menigde male beredeneer, hier en daar gevat...steeds is dit in ons self wat goed, sleg, reg of verkeerd is. Iewers sal daar iets wees om die teendeel te bewys. Wat is dit als?
    'Maar in dit als
    is ons mens
    elk individieul'

    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Rondomtalie verweer Empty Re: Rondomtalie verweer

    Post by S.J. du Plessis Sat 22 Oct 2011, 3:46 am

    Dankie vir die kommentaar Ronel en Benny. Elke mens het ook sy eie siening omtrent die onderwerp van wat reg of verkeerd is, (sy individieule reg)...maar soos Ronel sê is die proses van verweer welliswaar sterk teenwoordig. En: indien ons wel op iets verbeter, val die helfte van die waardes van die wa se agterkant af. Elke slag as ons "slegter" as die nuwe norm of standaard aanvaar skuif die "bar" een kerf af. Die verweer vind dikwels in onsself plaas lank voordat dit by dinge sigbaar is. Dit laat my dink aan die sanggroep "Casting Crowns" se lied: "It's a slow fade..." If you do not appreciate or respect things, you probable won't care whether it progress or falls into regression, simply because the seed of decay has already progessed into a growing regression from within." Die teendeel is egter ook waar: Indien elk van ons by klein goedjies begin om reg te maak, sal al die bietjies baie word. Dit vat besluitneming (m.a.w. 'n daadwerklike keuse), wilskrag, uithouvermoë en DOEN. Smile ) Die "slim mense" sê dat indien mens iets 15 keer aaneen gedoen het, raak dit gewoonlik 'n gewoonte.


    Last edited by S.J. du Plessis on Sun 22 Jan 2012, 8:00 pm; edited 1 time in total
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Rondomtalie verweer Empty Re: Rondomtalie verweer

    Post by Claira Summers Mon 24 Oct 2011, 1:10 am

    Die tyd toe al die mooi goed was, en al die lelik sleg was is vir altyd verlore vir die mense. In hierdie tye moet ons die goeie goeie opsy skuif en die lelike het die leefstyl geword. Jammer dat die mensdom tog nie maar uit hul foute leer nie. Baie ware en goeie vers.
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Rondomtalie verweer Empty Re: Rondomtalie verweer

    Post by S.J. du Plessis Mon 24 Oct 2011, 3:06 am

    Dankie Claire. Smile
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Rondomtalie verweer Empty Re: Rondomtalie verweer

    Post by Besoeker Mon 24 Oct 2011, 5:06 am

    na `n beter toekoms ??? Ek is jou ewige vennoot na God se Wil ! sunny

    Sponsored content


    Rondomtalie verweer Empty Re: Rondomtalie verweer

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sun 12 May 2024, 6:53 pm