FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
Rudi Coetzer
S.J. du Plessis
6 posters

    Naggesang

    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Naggesang Empty Naggesang

    Post by S.J. du Plessis Fri 21 Oct 2011, 5:10 am

    Geloof is 'n duifie wat laatnag koer
    want naguil se liggie skyn nog daar doer
    dit gee hom hoop en hy begin sing
    oor die nuwe dag wat sonskyn bring

    Wie is ons om te sê ons glo nie meer
    is die lewe só swaar, het ons só seer?

    Kyk na die duifie wat laanag koer
    vir uil se liggie wat nog daar loer
    hoopvol begin hy dan te sing
    oor die ware Lig wat vrede bring.

    S.J. du Plessis © Augustus 2011


    Last edited by S.J. du Plessis on Sat 22 Oct 2011, 3:52 am; edited 1 time in total
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by Rudi Coetzer Fri 21 Oct 2011, 2:21 pm

    smile.
    oulik.
    gee mens iets om oor te dink....
    ..ons is meestal te onbewus...
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by Besoeker Fri 21 Oct 2011, 4:06 pm

    pragtige vars klanke, hier : Welkom!
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by SWERWER Fri 21 Oct 2011, 6:46 pm

    Welkom S.J.

    Eenvoudige beelde wat met vernuf n baie mooi boodskap bring van hoop.Ek hou veral van die lyn wat jy so mooi deurtrek deur Geloof, Hoop, Lig en dit dan dit by die Ware Lig uitbring met die komende dag! Ek hou van die werk en ek hoop om nog baie meer van jou werk te sien.

    Groete

    SWERWER
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by Torm Fri 21 Oct 2011, 7:50 pm

    Eenvoudig mooi.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by anderkant Fri 21 Oct 2011, 10:08 pm

    Fafnir, Swerwer en Torm is my een voor: baie welkom hier in ons midde. Ek hou beslis van jou skryfstyl en gaan jou gretig dophou. Hoop jy geniet dit sommer baie.
    avatar
    Guest
    Guest


    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by Guest Fri 21 Oct 2011, 11:37 pm

    hou hiervan!
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by S.J. du Plessis Sat 22 Oct 2011, 12:29 am

    Baie dankie Fafnir, Swerwer en Anderkant. Dankie Rudi, Torm en Ronel Holtz...heerlik om hier te kan wees en julle ook weer hier raak te loop. Ek waardeer julle plasings en kommentare soos altyd!(was op F.B Free Style) Ja, ek en daai nagtelike sangertjie is groot vriendjies...dit is 'n bietjie "rustiger stil" tyd vir 'n besige ma waar die kreatiewe kant uitgeleef kan word. Dankie vir die mooi woorde.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by Claira Summers Mon 24 Oct 2011, 12:51 am

    hou baie van die eenfoud en die les wat ons daaruit leer. As mens regtig rondom jou kyk en na die wonders van ons Fader, wie kan dan nog twyfel? Pragtige vers
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by S.J. du Plessis Mon 24 Oct 2011, 3:27 am

    Dankie Claire...ja, dit is soms die klein dingetjies wat saakmaak en mens dankbaarheid leer. Smile

    Sponsored content


    Naggesang Empty Re: Naggesang

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 11 May 2024, 12:51 pm