hier is iets wat krap
'n doring in my vlees
'n sekelmaan wat keep
...presies, skoon
met koue se wurggreep
onder 'n blougrys maan,
hang nog 'n windverwaaid hart
in 'n laatnag se stil
vir aasvoël se oë en vreet
jy wil mos sien
tussen skadu's van 'n donker nag
waar die doodsengel wag
met snysels deur ongebore drome
ysbraak lê oor niemandsland gesaai
in 'n mis kombers drapeer
net stilte,
soms lê woorde doodgebore tussen verse
onder 'n blougrys sekelmaan
net nog 'n laataand kampvuur storie,
'n doring in my vlees
van alewig in die bloublou koue wees
BennyB
30/07/2011 Barend Booysen
'n doring in my vlees
'n sekelmaan wat keep
...presies, skoon
met koue se wurggreep
onder 'n blougrys maan,
hang nog 'n windverwaaid hart
in 'n laatnag se stil
vir aasvoël se oë en vreet
jy wil mos sien
tussen skadu's van 'n donker nag
waar die doodsengel wag
met snysels deur ongebore drome
ysbraak lê oor niemandsland gesaai
in 'n mis kombers drapeer
net stilte,
soms lê woorde doodgebore tussen verse
onder 'n blougrys sekelmaan
net nog 'n laataand kampvuur storie,
'n doring in my vlees
van alewig in die bloublou koue wees
BennyB
30/07/2011 Barend Booysen