Rooi strepe in die wasbak
vlieg in die afvoerpyp, niks vermoed
dis bederf - heerlike rooiwyn
wat heerlik soet was in my gemoed
die rooi kolk weg in die gate
verdomde vlieg agterna
wat bly oor op die afgrond
gekraakte ek wat aanhou vra
drome swemel saam in die rooiwyn
ons kyk hoe dit afspoel, dit raak weg
in die verganklike duister
maar ek bly nie vir ewig n kneg
dit was vir my bedoel
die onthou van lank gelede
hy kry sy lang vingers om my siel
en stop my op met die verlede
die rooi ronde kring het agtergebly
drome is nou weer stil
net n gebreekte siel bly hier staan
voel verpletter, vertrap, verkul
gaan hy vatplek kry binne krake in my
gaan hy hier oornag, of vir ewig bly
sien ek hom in my drome,sommer gou
of sal hy dit n donker geheim kan hou
Last edited by Claira Summers on Mon 24 Oct 2011, 11:58 pm; edited 1 time in total