FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ek en jy

    Dolly.D
    Dolly.D


    Posts | Bydraes : 11
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-13
    Age | Ouderdom : 45

    Ek en jy Empty Ek en jy

    Post by Dolly.D Mon 24 Oct 2011, 3:08 pm

    Selfsoortig in gister spoor
    gesigloos bekende siel
    pad predikante na mekaar gewys
    ‘n reis vir onbepaalde afstand
    Jou aan my sy

    vreemd bekend
    verklaar ons begrip,
    verstáán
    sonder voorgee;
    en tiemie rig die roete

    in wierook walm
    en loerie psalm
    skerwe word heel
    wyl sag strale die pad ruim wyd wys

    gister ‘n veraf dreun;
    reste neutmuskaat
    vul steeds die lug,
    wyl bloedrooi kerswas rigting hou

    droomwewers verewig in taak
    om jou drome
    of nagmerries waar te maak
    om jou paaie te wys
    gister spatsels te wys

    talisman en lighartige
    toordery
    jou ondergang;
    wis jy dan nie lank reeds
    dat ek kyk en sien nie?

    soms weef ek met opset
    ‘n fantasie;
    ‘n sprokie met ‘n einde
    waar vir altyd en ewig
    nie seermaak nie

    ‘n mooie droom
    van vêr land en fantastie;
    een waar gee splinters lê
    waar liefde eg is
    en woorde waar

    waar ek en jy
    selfsoortig, gesigloos
    stil sonder geskal
    skouer aan skouer die toekoms in reis

    © 2011 Dolly.D
    (Copyright Exists in this material: no unauthorized copying and/or distribution allowed)
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Ek en jy Empty Re: Ek en jy

    Post by Enid Mon 24 Oct 2011, 3:28 pm

    Bravo Miss D...bly om te sien die afrikaans word ook ingegooi en hmmmm so romanties..., la langue est excellent souhaite que je pourrais parler si bien? waiting for more of your work Very Happy

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 12:17 pm