FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My lewe ( 18 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 18 ) Empty My lewe ( 18 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 27 Oct 2011, 5:37 pm

    Ek wil voortand-loos
    skewe-bek lag
    vir die wêreld
    vir die lewe
    wat links en regs
    opstoppers uitdeel .

    Ek wil my verbeel
    ek kan nog ñ keer opstaan
    bloed spoeg
    my ander wang draai
    en aangaan .

    Ek wil skim ek kan
    as ñ vuisvoos-journeyman
    ñ comeback maak
    en die wêreld
    en die lewe
    se gat
    ñ laaste keer skop .

    Ek wil darem een maal
    hierdie grootste hindernis
    hierdie grootste berg
    in my lewe
    uitklim en oorwin .

    Myself .


    ( 29/05/2011 11h33 )

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 11:06 pm