FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    10 myl Suid van Swakopmund

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    10 myl Suid van Swakopmund Empty 10 myl Suid van Swakopmund

    Post by Torm Sun 06 Nov 2011, 10:07 pm


    asemsnak varsheid in die nag
    in koue lê selfs geheime eers en wag
    tot die môre telkens lewensdou bring vir die dag
    voordat koning son sy eiendom onsag brandmerk

    gevaarlik sag sif tonne suiwer sand
    met tyd meedoënloos aan hul kant
    langs akute hellings wat oor afstand
    saamsmelt in ʼn kompaslose onpeilbaarheid

    smiddags smelt die son, lug en sand in een band
    doodse stilte - lug spieël die hitte oor die sand -
    spinnekop en slang se gerigtheid bo verstand,
    want elke warrelspook, korrel, duin en kim lyk verwant

    fauna en flora kleiner, slimmer, gekonfyt
    waar lewe ʼn nuwe definisie kry:
    aanpasbaarheid, saamgesleur of uitgesmyt
    met karwrak, spookskip en beendere verslyt

    tyd tel teen die moeë reisiger op die sand
    wat domastrant wil oorwin, want
    elke drie treë opwaarts teen sy rug
    betaal die Namib met twee treë moedswillig terug

    gerugte van oorloë kom kwalik tot hier
    roes tem eens brawe skepe ge-nes in seewier
    by ruwe mossel rotse ad hoc neergesmyt,
    beveg die rooiste sand die blouste see in epiese stryd

    na elke dag se lewenstryd en uniekheid
    brand daar oor die kim ʼn meelewendheid:
    siftende stof en die see sweer saam met tyd
    tot elk’ sonsondergang se majestueuse persiese tapyt


    © Torm 2010
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    10 myl Suid van Swakopmund Empty Re: 10 myl Suid van Swakopmund

    Post by Claira Summers Sun 06 Nov 2011, 11:00 pm

    Nou was ek in Swakopmund! Dankie die vers inspireer, beskryf en gee die gevoel van die wonderlike landstreek so goed deur.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 11:48 am