FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Suid-Ooster Stad

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Suid-Ooster Stad Empty Suid-Ooster Stad

    Post by Enid Mon 19 Dec 2011, 1:01 pm

    Vanoggend begroet
    jy my met
    jou prag en natuurskoon
    rustig vul jy my gemoed
    met jou blou lig
    Tafelberg se kleintjie
    rustig in sy bedjie
    moederstad se see
    seepglad in die son
    vul die holtes van my gemoed

    suid-ooster is stil vandag
    niks wat hom verjaag
    geen kwaad wat hom omkrap
    soos ander dae se storms

    vandag is jy nie die stad
    van storms nie
    jou branders golf nie rof
    oor en oor mekaar nie
    jou suid-ooster waai nie
    alles weg nie
    soos iemand wat alles en almal
    wat voorkom uit die weg
    wil ruim nie

    vandag is jy rustig
    met ‘n effense glimlag
    om te sing..... alles is okay
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Suid-Ooster Stad Empty Re: Suid-Ooster Stad

    Post by Torm Wed 11 Jan 2012, 11:39 am

    Gelike ne gestem.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Suid-Ooster Stad Empty Re: Suid-Ooster Stad

    Post by Enid Thu 12 Jan 2012, 3:31 pm

    dankie Torm ek waardeer dit regtig

    Sponsored content


    Suid-Ooster Stad Empty Re: Suid-Ooster Stad

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 5:06 pm