FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
Claira Summers
SWERWER
6 posters

    My Bloedspore

    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    My Bloedspore Empty My Bloedspore

    Post by SWERWER Tue 22 Nov 2011, 10:38 pm

    Meer as net vlees en bloed
    bedekte seën wat vergoed
    replika van my geen
    gedagtes wat strelend reën

    Meer as net groot oë vol verwagting
    ‘n brandmerk van verpligting
    my dageraad versugting
    die einddoel van bevrugting

    Meer as net n knipoog babalyfie
    ergerlike knies deur skamele kuifie
    opgewonde en uitbundige hormone
    worstelend met grootword se demone

    Julle is my eie aan my toevertrou
    my leë hande se berou
    bekommernis en vreugde
    knieë se smeekgebede

    Julle het ek lief
    stilstuipe hartseer die dief
    van kleintyd se onskuld kaperjolle
    grootgeword in volwasse rolle.

    Verhewe bo telg se DNA
    my ewige vreugde hierna.

    © 2011 Johan Schoeman


    Last edited by SWERWER on Wed 23 Nov 2011, 2:09 pm; edited 1 time in total
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by Claira Summers Tue 22 Nov 2011, 10:57 pm

    Baie diep en mooi so uit n pa se hart. Ek mal daaroor.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by AmmieMoon Wed 23 Nov 2011, 9:21 am

    Die skyfievertoning van kinders se grootword en vormingsjare soos dit net in die teater van 'n pa se hart kan afspeel.....en dan die besef: dis ons kinders wat ons definieer ! Uitstaande Johan en jou rym is lieflik vloeiend en gemaklik...Netjiese werk ! Like a Star @ heaven
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by Louisa van Vliet Wed 23 Nov 2011, 1:32 pm

    So 'n lekkerlees stukkie werk. Goed gedoen aan die herrinnering van 'n pa se hart. Gekeurde stukkie werk defnitief.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by Enid Wed 23 Nov 2011, 1:34 pm

    en waarvoor dan anders lewe as vir hulle, regtig mooi
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by SWERWER Wed 23 Nov 2011, 2:13 pm

    Aan my FS maats,

    Baie dankie aan julle mooi kommentaar. Ek waardeer dit baie en dit gee my nuwe stukrag om nog meer te skryf.

    SWERWER
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by Louisa van Vliet Wed 23 Nov 2011, 8:04 pm

    Ons plesier, jy kan maar.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by anderkant Fri 25 Nov 2011, 5:02 pm

    my leë hande se berou

    hierdie pa gaan staan doodstil hierby. Niks minder as volwasse eerbied en respek is hierdie vers waardig nie, ek voel inteendeel dat enige kommentaar wat ek hierby kan lewer te kort sal skiet.

    'n Vader (soos 'n Moeder) wat die naam werd is behoort die subtiele vrese en nuanses wat jy in hulle vreugde verskuil te begryp en verstaan - die vers slaag daarin meesterlik. Ons as ouers probeer hulle tog teen die wrede waarhede van die lewe beskerm (al besef ons dis onvermydelik dat hulle daarmee sal moet omgaan).

    Johan, jy verdien my opregte applous.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by SWERWER Thu 01 Dec 2011, 7:20 pm

    Aan anderkant,

    Dankie!

    SWERWER

    Sponsored content


    My Bloedspore Empty Re: My Bloedspore

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 5:23 am