Meer as net vlees en bloed
bedekte seën wat vergoed
replika van my geen
gedagtes wat strelend reën
Meer as net groot oë vol verwagting
‘n brandmerk van verpligting
my dageraad versugting
die einddoel van bevrugting
Meer as net n knipoog babalyfie
ergerlike knies deur skamele kuifie
opgewonde en uitbundige hormone
worstelend met grootword se demone
Julle is my eie aan my toevertrou
my leë hande se berou
bekommernis en vreugde
knieë se smeekgebede
Julle het ek lief
stilstuipe hartseer die dief
van kleintyd se onskuld kaperjolle
grootgeword in volwasse rolle.
Verhewe bo telg se DNA
my ewige vreugde hierna.
© 2011 Johan Schoeman
bedekte seën wat vergoed
replika van my geen
gedagtes wat strelend reën
Meer as net groot oë vol verwagting
‘n brandmerk van verpligting
my dageraad versugting
die einddoel van bevrugting
Meer as net n knipoog babalyfie
ergerlike knies deur skamele kuifie
opgewonde en uitbundige hormone
worstelend met grootword se demone
Julle is my eie aan my toevertrou
my leë hande se berou
bekommernis en vreugde
knieë se smeekgebede
Julle het ek lief
stilstuipe hartseer die dief
van kleintyd se onskuld kaperjolle
grootgeword in volwasse rolle.
Verhewe bo telg se DNA
my ewige vreugde hierna.
© 2011 Johan Schoeman