FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Onsigbare skoonheid

    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Onsigbare skoonheid Empty Onsigbare skoonheid

    Post by Gerrit Hermens Thu 01 Dec 2011, 1:24 am

    Onsigbare skoonheid

    Die sagte basuin van ‘n serafskoor
    in ‘n simfonie van kontrasterende
    vokale en konsonante, in harmonie.
    Die Saligmaker self inspireer intensiteit.
    My aandag is gekerker in ‘n labirint
    van sagvloiende strome helderheid.
    Chaos staan verstar
    met Onkunde en Waansin aan beide kante.
    Saggies, ritmies,
    sweef die suiwerheid
    in vernietiging deur valsheid.
    Passievol, eerlik,
    gloei die liefde
    in die melodie van ‘n vrou.
    Haar voorkoms,
    onbekend.
    Haar teenwoordigheid,
    onmiskenbaar.

    G. Hermens, 01-07-2008
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Onsigbare skoonheid Empty Re: Onsigbare skoonheid

    Post by SWERWER Thu 01 Dec 2011, 2:29 pm

    Beste Gerrit,

    Ek staan stom van genot en waardering vir hierdie asemrowende vers. WIE is hierdie vrou? Is hierdie dalk jou liefde wat jy vir die eerste keer gesien het? As hierdie n liefdes vers is aan n vrou, wat ek dink dit is, sal enige vrou swymel voor jou. Smile

    Moet asseblief nooit jou passie verloor of sienies word nie!

    Pragtig.

    SWERWER
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Onsigbare skoonheid Empty Re: Onsigbare skoonheid

    Post by AmmieMoon Thu 01 Dec 2011, 3:40 pm

    Raak ek nou sommer opsluit lus om 'n ' mexican wave ' vir jou hier in die weskus te begin vir hierdie wonderskone vers van jou....asemloos ! Maar gun hierdie aweregse maanvrou om gou 'n bietjie te rafel en torring aan jou (besonders begaafde) skrywershand...

    Vraag : Besing jy hier in geheel die wonder en skoonheid van 'n spesifieke vrou of die ' universele vrou ' ? (indien die hele vers, van begin tot einde, die/'n vrou beskryf, verdien jy hier by my punte wat jou nog lank in my goue-sterretjie-boekie gaan hou - absoluut stunning!)

    Persoonlik dink ek dat hierdie asemrowende vers NOG meer tot sy reg sou kom indien jy dit tegnies bietjie meer geskaaf het - 'n verdeling in strofes sou 'n vloeiende 'lees', voordrag en begrip aan dit verleen het....(Ek dinkskrum sommer nou bietjie met jou en wil vir jou voorbeelde en alternatiewe opsies wys in die aanbieding van hierdie vers - dus preek ek nie nie of probeer ek jou nie leer nie, ek breek sommer brood saam met jou en ons deel 'n glasie wyn oor hierdie vers se moontlikhede)...So in die lig hiervan, kyk bietjie wat 'n verskil strofes aan jou vers kan maak...

    Bv:

    Die sag basuin van ‘n serafskoor
    in ‘n simfonie van vokale en konsonante
    in perfekte harmonie.

    Die Saligmaker self inspireer intensiteit.
    My aandag is gekerker in ‘n labirint
    van sagvloeinde strome helderheid.

    Chaos staan verstar
    met onkunde en waansin aan beide kante.
    Sag en ritmies sweef die suiwerheid
    in vernietiging, deur valsheid.

    Eerlik en vol passie
    gloei die liefde
    in die melodie van ‘n vrou.
    Sy, onbekend
    maar haar voorkoms
    en teenwoordigheid -
    onmiskenbaar.


    Of so iets......Nietemin, hierdie maanvrou geniet jou werk terdee ...doet so voort ! Like a Star @ heaven


    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Onsigbare skoonheid Empty Re: Onsigbare skoonheid

    Post by Gerrit Hermens Sat 03 Dec 2011, 6:00 pm

    Die was my eerste Afrikaanse gedig... Dit bly een van my favourites!!!
    Wooooow! Swerwer dis 'n voorreg dat jy sooveel genot uit my werk put! Dit was 'n vers wat ek opgedra het aan die God-gevormde vrou. Die vrou soos Hy bedoel het vir haar om te wees... Die vrou wat ek met groot vreugde aanskou en met groot waardering in nederigheid bestudeer...
    Maanvrou... die Mond Frau (Deutch)... Dis vir my 'n onbeskryflike moment of awe, wanneer 'n mede skrywershart saam met my wil skaaf aan my werk! Dit staan vir my gelyk aan Adam wat saam met God moes regeer oor God se skepping! Insens. Subliem! Baie dankie! Ek sal dit verseker aanpas!
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Onsigbare skoonheid Empty Re: Onsigbare skoonheid

    Post by S.J. du Plessis Sun 04 Dec 2011, 2:23 am

    O pragtig! Gemeet aan God se grootheid en plan, skiet ons mensdom ver tekort. Jy het die volmaak geskepte vrou soos aanvanklik beplan baie goed verwoord en daarvoor verdien jy 'n Like a Star @ heaven 'tjie! Let net op die tikkersfoutjie wat "sagvloeiende" moet wees en ek stem saam met Ammie dat jy dit bv. in verse moet opdeel. Geniet jou werk. Very Happy
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Onsigbare skoonheid Empty Re: Onsigbare skoonheid

    Post by Gerrit Hermens Sun 04 Dec 2011, 12:25 pm

    Baie dankie SJ! Waardeer dit innig! Het 'n hersiende weergawe geplaas, laat weet my asb wat julle daarvan dink

    Sponsored content


    Onsigbare skoonheid Empty Re: Onsigbare skoonheid

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 7:11 am