FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oomblik vir altyd ( 19 ) { sien NOTA }

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 19 )  { sien NOTA } Empty Oomblik vir altyd ( 19 ) { sien NOTA }

    Post by Rudi Coetzer Tue 06 Dec 2011, 5:41 pm

    Uiteindelik staan jy
    nou hier
    broos voor my
    en voel ek my hart
    in my borskas
    stop klop
    stop klop
    en skoenlappers
    wat vlinder-vlerk
    in my maag .

    Jy leun met jou rug
    teen jou voordeur
    jou gesig naby myne
    en ek beweeg my hande
    van jou vol heupe
    en haal jou sonbril af
    sodat ek jou siel kan sien. ( RC )

    Die oomblik
    wat ek so lank al na smag
    oorweldig my skielik .

    Ek draai my gesig weg
    en kyk na die vloer
    sodat jy nie nou sien
    hoe lief ek jou het nie .

    Ek leun vorentoe
    en druk my styf teen jou vas,
    so kan ek vir nog 'n wyle
    my geheim veilig bewaar .( Tp)

    Jou lyftaal praat met my
    en ek lees jou soos ñ boek ,
    daarom vat ek jou
    aan jou hand
    en lei jou
    na die bankie
    in jou tuin
    waar ons styf teenmekaar
    onder die melkweg sit .( RC )

    Die oomblik so magies
    ek wens ek kon
    tyd laat stop,
    vir ewig wil ek so sit
    met jou aan my sy .( Tp )



    Die ding van ewig
    is dit gaan ook verby ,
    maar ñ oomblik vir altyd
    soos hierdie
    is vasgeskryf in sierskrif
    op die perkamentrolle
    van my hart .( RC )


    ( RUDI COETZER & Toiletpapier
    27/02/2010 19h28 )
    NOTA:Het nie TP se toestemming om die duet te plaas nie . Het nie kontak met haar
    nie .
    Aangesien ek besig is om die Oomblik vir altyd-reeks te plaas , wil ek nou nie een
    uitlos nie .
    Glo nie sy sal n probleem he nie....
    SY is ook duidelik aangedui as medeskrywer .

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 6:01 pm