FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Oë praat

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Oë praat Empty Oë praat

    Post by Enid Wed 07 Dec 2011, 6:03 pm

    As ek jou tussen lyne lees
    my oë joune vasvang
    sê ek verstaan

    my hart se ritme
    met joune gesels
    sonder ‘n woord

    kan ek jou vriendin wees
    in siel en gees
    sonder bybedoelings
    net vir jou ‘smile’

    want ons ken
    mekaar se bestaan
    mekaar se seer
    mekaar se behoeftes
    mekaar se binneste
    mekaar se kyk
    mekaar se oë
    want oë praat
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Oë praat Empty Re: Oë praat

    Post by SWERWER Wed 07 Dec 2011, 9:34 pm

    Beste Enid,

    Dit was die groot vraag in die fliek "When Harry met Sally" en ja daai vraag word baie gevra. Ek is 'n idialis wil glo dat n mens kan as jy wil maar dan moet dit van alby kante af kom.

    "sonder bybedoelings"

    Sien nou het jy my aan die dink en lees jou vers weer n paar keer oor. Verstaan ek reg? Kan n mens intens goeie vriende wees amper sielsgenote sonder om jou liefde aan die persoon te verklaar of om verlief te raak. MMmmm ja maar nie in alle gevalle nie en daarin le die probleem dink ek!

    Enid hierdie is n lekker stukkie werk, iets wat uitdaag en ook lekker lees.

    SWERWER
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Oë praat Empty Re: Oë praat

    Post by Enid Wed 07 Dec 2011, 11:04 pm

    Swerwer

    Jou vrae het my aan die dink gesit en my antwoord is JA, jy kan sielsgenote wees sonder om jou 'liefde/verlieftgeit te verklaar...mits jy hou by die reels, daar is 'n lyn en ons oortree dit nie, soms is die vriendskap beter as verlief raak, jy kan dan selfs van seerkry van die verlede binne die vriendskap gesond word, sonder enige gevoel van 'ek moet voorgee, wat ek nie is nie of 'perform' want die ander persoon verwag dit van my.

    Dankie vir jou lees, ek waardeer
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Oë praat Empty Re: Oë praat

    Post by SWERWER Wed 07 Dec 2011, 11:16 pm

    Dit is my vorreg! Smile

    Sponsored content


    Oë praat Empty Re: Oë praat

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 06 May 2024, 6:42 pm