wys my jou diep wese
ek stap die strate
in durbanville al huppelend saam met jou
waar jy voor my gewandel het
was ons een eens op tyd
op skool nie van die slimste
verbrokkelende woorde in spel uitgebowl
maar emosie bly ons eens
'n blywende ope spel
skree maar en lag
ek sal my bestaan laat wag
lees maar en dink
ons is simpel marionette
EEvdMerwe/kopiereg/2012