FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oomblik vir altyd ( 25 ) : Verbode liefde

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 25 ) : Verbode liefde Empty Oomblik vir altyd ( 25 ) : Verbode liefde

    Post by Rudi Coetzer Wed 14 Dec 2011, 1:02 pm

    Die sproeiers se fyn-wit misreën
    is ñ uitkoms
    en ñ seen
    in hierdie Hoedspruit snikhete somers-middag ,
    waarin ek en jy
    huppel en lag
    en soos kinders baljaar .

    Ek lief dit
    wanneer ons so kommervry
    net kan wees ,
    kan saamwees
    in kosbare oomblikke
    wat ons sonder terughou
    mildelik in vreugde
    kan deel .

    Elke oomblik
    wat ek en jy
    so saam steel
    is ñ oomblik vir altyd .


    ( 17/11/2010 17h01 )

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 3:30 am