FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Droomvrou vir jou

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Droomvrou vir jou Empty Droomvrou vir jou

    Post by Enid Mon 19 Dec 2011, 12:46 pm

    Met satyn oor haar sagte lyf
    beweeg sy oor die growwe sand
    kaalvoet tussen korrels
    voel-voel sy jou gestalte

    hetsy in die bos of strand
    haar teenwoordigheid altyd sigbaar

    langs jou wanneer jy aanlê
    om dier te tref met mening
    deur die laatmiddag bries se gesuis
    of in jou geweer se loop
    in jou ore ‘n gefluit

    in die vuur se gekletter
    sal jy haar sien staar
    na jou, wat haar begeer

    uit jou drome ontwaak
    verdwyn sy sonder smaak,
    maar sodra jou kop neerlê
    kom sy terug met soete wraak

    orals waar jy jou bevind
    sal sy haar teenwoordigheid laat geld

    as dit is wat jy wil?
    sal dit wees soos jy jou bevind

    want orals waar jy gaan,
    sal sy gaan om jou te vind
    in jou drome en denke
    die droomvrou, net vir jou.

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 7:18 pm