Diepste seer van die hart
Hier in my binneste kamer
Waar het dit dan so verkeerd gehamer
Dat hierdie slae aanmekaar timmer
Van ongeruimdhede wat hinder
Elke hartklop in my binneste
Stuur strale uit na jou my einste
Maar tevergeefs hoor jy die roepstem
Want jou fokus is op die wat jou verduister.
Jy kom nie na vore, want dit wat pla dra jy alleen
beweeg uit die warboel van tonge,
vergeet van ander wat teenkanting bring
Ons pad was van die mooiste met lag getooi.
Skielik verander alles met die skeuring van ander
In die hoolgate van die nag, ontmoet jy adders
Blitsig kom jy aangejaag met die swart gevaarte
Bloed belope die oe, van goed wat jou vergiftig
Adrenalien klop in jou are wat jou verander
deur die swart gedaante van die nag met sy pakkie
Hoekom kan alles tog so verkeerd loop met een
Klein bondeltjie vreugde en groot word met ‘n warboel
Van ek soek jou nie, ek soek hier en soek daar
Maar nerens kry ek vrede want hy het jou klaar gemergel.
Verkeerde paaie word geloop en afgedraai,
Maar waar die regte pad te voorskyn kom
Steek jy ‘n stokkie voor, want die vergiftiging
Van die wat die verkeerde pad loop het jou
In hulle murgpyp ingewriemel sonder meer.
Skielik loop jy die groot liefde van die lewe raak
En word hy die een wat jou uit die gemors verlei
Dankbaar hanteer ons al hierdie veranderinge
Maar die gaping tussen my en jou bly gevange
In jou siel, want waar die verkeerde optrede
Gevangenis was in jou, was ons praat van min waarde
Met al die verkeerde inligting van ander wat
Jou siel meer toegepak het, bly ons verhouding
In die slag, maar bowenal bly my hart klop vir jou.