FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Vergete seer.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Vergete seer. Empty Vergete seer.

    Post by Manie Jackson Wed 05 Oct 2011, 12:19 am

    Die regte ek,
    Is diep bedek.
    Onder lae van vrae,
    Oor lank vergete dae.
    Dinge wat niemand weet,
    Soveel om te vergeet.

    Die aande eensaam buite,
    Sonlig weg van die ruite.
    As die gevoel my weer pak.
    Skemer ruisloos sak.
    Staan ek onder sterre nag.
    Hoop jy sal kom... ek sal wag.

    Tuur ek deur die venster raam,
    Hoor ek in die donker, ‘n stem, my naam.
    Ver verbeelding, waar het alles begin?
    Voltooi lee kamers my elke sin.
    Glo ek aan liefde nie meer!
    Sinoniem gelyk aan eindlose seer!

    As daar dan tog liefde is...
    Trane op my kniee as ek jou mis?
    Elke woord help my vlug.
    Elke vers, bring dit terug!
    Waar my gedagtes rus.
    Jou stem, laaste kus.

    Hoe naief die liefdes wense!
    Verkeerd! Vertrou op mense?!
    Nooit weer, nooit weer, nooit weer!!!
    Dis seer, dis seer, dis seer!

    Eendag lank gelede.
    Los nie gister in vrede!
    Vir ewig en altyd, gelukig saam...
    Bestaan werklik... net in ‘n fee verhaal.
    Wag ek lank (dis stil) ongeduldig omdat.
    Vir jou ligte op die stofpad.

    Die vliegtuig wiele al gesak?
    Staan jy gereed op die teerblad?
    Moet ek jou verwis.
    Hartseer, omdat jy ver van my is.
    Bang vir wie ek miskien...
    Dat ek jou nie weer sal sien.

    Ek staan nog by die naambord.
    Vrees, wat het ek geword?
    Om net een te wees.
    Nie noodwendig sleg vir die gees.
    Glad nie lekker om alleen te stoei.
    Seer tog nodig om sterk te groei.


    Manie jackson

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 3:01 pm