FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Diepste seer van my Hart

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Diepste seer van my Hart Empty Diepste seer van my Hart

    Post by Louisa van Vliet Tue 20 Dec 2011, 4:08 am

    Hier in my binneste kamer
    Waar het dit dan so verkeerd gehamer
    Dat hierdie slae aanmekaar timmer
    Van ongeruimdhede wat hinder
    Elke hartklop in my binneste
    Stuur strale uit na jou my einste
    Maar tevergeefs hoor jy die roepstem
    Want jou fokus is op die wat jou verduister.

    Jy kom nie na vore, want dit wat pla dra jy alleen
    beweeg uit die warboel van tonge,
    vergeet van ander wat teenkanting bring
    Ons pad was van die mooiste met lag getooi.
    Skielik verander alles met die skeuring van ander
    In die hoolgate van die nag, ontmoet jy adders
    Blitsig kom jy aangejaag met die swart gevaarte
    Bloed belope die oe, van goed wat jou vergiftig
    Adrenalien klop in jou are wat jou verander
    deur die swart gedaante van die nag met sy pakkie

    Hoekom kan alles tog so verkeerd loop met een
    Klein bondeltjie vreugde en groot word met ‘n warboel
    Van ek soek jou nie, ek soek hier en soek daar
    Maar nerens kry ek vrede want hy het jou klaar gemergel.

    Verkeerde paaie word geloop en afgedraai,
    Maar waar die regte pad te voorskyn kom
    Steek jy ‘n stokkie voor, want die vergiftiging
    Van die wat die verkeerde pad loop het jou
    In hulle murgpyp ingewriemel sonder meer.

    Skielik loop jy die groot liefde van die lewe raak
    En word hy die een wat jou uit die gemors verlei
    Dankbaar hanteer ons al hierdie veranderinge
    Maar die gaping tussen my en jou bly gevange
    In jou siel, want waar die verkeerde optrede
    Gevangenis was in jou, was ons praat van min waarde
    Met al die verkeerde inligting van ander wat
    Jou siel meer toegepak het, bly ons verhouding
    In die slag, maar bowenal bly my hart klop vir jou.



    Last edited by Louisa van Vliet on Thu 22 Dec 2011, 12:37 am; edited 1 time in total
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Diepste seer van my Hart Empty Re: Diepste seer van my Hart

    Post by Louisa van Vliet Tue 20 Dec 2011, 4:15 am

    'n ma se hart so seer, omdat haar kind met die verkeerde mense en dinge verkeerd was.
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Diepste seer van my Hart Empty Re: Diepste seer van my Hart

    Post by Louisa van Vliet Fri 30 Dec 2011, 3:43 am

    Ag nee net een stemmetjie kan mos nie. Maar dankie in elk geval ek waardeer dit opreg. Net 'n grappie oor die een stemmetjie.

    Sponsored content


    Diepste seer van my Hart Empty Re: Diepste seer van my Hart

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 5:42 pm