FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Uitbundig ( Altyd nog maar ek )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Uitbundig ( Altyd nog maar ek )   Empty Uitbundig ( Altyd nog maar ek )

    Post by Rudi Coetzer Tue 27 Dec 2011, 1:09 am

    Eens
    in binne-kamers versteek
    klankloos
    van geboue af gefluister
    in stilte gehoop
    en dit agter geslote-deure verduister

    die liefde .

    Eens
    altyd ñ privaat-saak
    persoonlik
    selde en slegs
    met min mense gedeel

    ñ toe-boek .

    Eens
    altyd binne-in
    gewroeg
    gestruggle met die seer
    die swart
    die breek van my hart

    altyd nog maar ek .

    Eens
    selde emosies gedeel
    gevoelens
    meestal opgekrop
    en die gedagtes
    in my kop
    my laat wakker gehou

    altyd nog maar ek .

    Nou
    het ek jou ontmoet
    en vol ek van behoefte
    loop ek oor van begeerte
    om alles met jou te deel
    om jou altyd te sê hoe ek voel
    wat ek voel
    vir jou

    nou
    wil ek alles op my mou adverteer
    in happygeel-neon
    my gevoelens vir jou
    uitspel
    jou heeltyd vertel
    hoe ek jou waardeer
    hoe besonders jy is
    en hoe jy dit vir my doen

    nou
    wil ek wys
    en deel en gee
    niks weerhou
    net vir jou omgee
    van die geboue af
    in my hardste stem
    skreeu
    verkondig en uitbasuin
    hoe lief ek jou het .

    Ek het net gedink
    jy behoort die dinge
    dit als
    te weet.


    ( 21/07/2011 22h54 )

    Attachments
    Uitbundig ( Altyd nog maar ek )   AttachmentDSC02502.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (2.7 Mb) Downloaded 1 times

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 6:43 am