die pad skeef-krap
verby die blomme-see
waar ek eensklaps
my siel verloor
my asem slaan
teen my verhemelte
en my piering-oë
skinkbord al die mooi
op Springbok versadig
ek gou die innerlike
nog watertand-skoonheid
wag parmant en sedig
dis eers Soebatsfontein
dan volg Koiingnaas
hier kom Kleinzee se prag
Lekkersing bring ook sy wysie
daarna oor die Oranje ry
sien of sy vloei makeer
die land lê bakhand dors
met sy vrug so oog-mooi
ek wil alles perkamentrol
en saam smokkel huis toe
sodat ek my mure kan verf
in Namakwaland se kleur
© WERNER WEHMEYER 2011
verby die blomme-see
waar ek eensklaps
my siel verloor
my asem slaan
teen my verhemelte
en my piering-oë
skinkbord al die mooi
op Springbok versadig
ek gou die innerlike
nog watertand-skoonheid
wag parmant en sedig
dis eers Soebatsfontein
dan volg Koiingnaas
hier kom Kleinzee se prag
Lekkersing bring ook sy wysie
daarna oor die Oranje ry
sien of sy vloei makeer
die land lê bakhand dors
met sy vrug so oog-mooi
ek wil alles perkamentrol
en saam smokkel huis toe
sodat ek my mure kan verf
in Namakwaland se kleur
© WERNER WEHMEYER 2011