FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    My Namakwaland

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My Namakwaland Empty My Namakwaland

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Sep 2011, 4:48 am

    My hart lê dor Namakwaland
    vaal maar mooi
    droog
    en wag
    vir jou seisoen

    en dan soen jy my
    met jou reën-hart
    jou reën-siel
    jou reën-oë
    jou reën-mond .

    Jou woorde reën
    oor my naak dor vlaktes

    en ek lê hartklop
    asemstop
    gewillig
    geseënd .

    Jy laat my blom

    my goed weggesteekte prag
    oornag na vore kom .

    Dan skielik is jou wolke weg
    en verdwyn elke blom -

    liefste reënseisoen
    kom jy eers weer volgende jaar?


    ( 31/10/2007 07h30 )
    Bigteddybear
    Bigteddybear


    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 63

    My Namakwaland Empty Re: My Namakwaland

    Post by Bigteddybear Wed 21 Sep 2011, 1:10 pm

    Ai, Rudi ek kan die Namakwalandse vlakte voor my sien, droog en dor en die volgende oomblik in ;n reënboog tapyt!!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My Namakwaland Empty Re: My Namakwaland

    Post by Rudi Coetzer Wed 21 Sep 2011, 3:09 pm

    smile.Dankie BT...mens se hart is mos soms so dor en verlate...
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    My Namakwaland Empty Re: My Namakwaland

    Post by Nico10 Wed 21 Sep 2011, 8:33 pm

    Ja, daardie gevoel is wonderlik. Dink ek ken bietjie daarvan. En die beeld is regtig effektief, dit kom sommer so uit die niet. En dan blom die gemoed sommer net so, soos die blomme van Namakwaland. Goed gedoen Rudi.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My Namakwaland Empty Re: My Namakwaland

    Post by Rudi Coetzer Wed 21 Sep 2011, 8:35 pm

    smile..dankie....
    tot die seisoen verander.......

    Sponsored content


    My Namakwaland Empty Re: My Namakwaland

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 9:13 am