FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wit sprokie

    Werner
    Werner


    Posts | Bydraes : 7
    Points | Punte : 19
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-03
    Age | Ouderdom : 67

    Wit sprokie Empty Wit sprokie

    Post by Werner Thu 29 Dec 2011, 6:31 am

    flenter vlokkies dwarrel
    uit geute van die hemelruim
    soos valskerm soldate
    sweef hul in swerms na benede
    voëlvry verklaar

    in hul vryval
    hekel hul die aarde se kombers
    lê lepel styf ingeryg
    saam gesnoer in ‘n liefdesnessie
    soos geen aardse mens kan
    verheug in hul eie
    kunste-galery
    en so begin
    die sprokie

    die kyk van my oë
    kan jy glo
    is wit, piering-oog gestaar
    want dis wat my kykers gewaar
    van horison tot horison
    ys-vlaktes van beton

    so dóódeenvoudig
    ... mooi


    © WERNER WEHMEYER 2011

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 12:27 pm