'n Vraag vir jou
en 'n vraag vir my
is hoe ons onsinnighede
uit die pad kry.
Jou gunsteling kleur,
my mooiste blom,
jou dans-vernuf
wat die uitnodiging laat kom.
Voor die musiek begin te speel,
tiekie-draai ons om mekaar
met woorde, sinne, saamgevoeg
soos die boot die see invaar.
En of die bootjie dit gaan maak
en of hy gaan sink so langs die weg
sal ons nie nou al weet nie
maar ek maak daarvoor ook reg
want eers moet jy my binneste sien
en eers moet jy my ken
en dan, miskien, sal die dans aangaan
en ons die diepsee gaan verken.
en 'n vraag vir my
is hoe ons onsinnighede
uit die pad kry.
Jou gunsteling kleur,
my mooiste blom,
jou dans-vernuf
wat die uitnodiging laat kom.
Voor die musiek begin te speel,
tiekie-draai ons om mekaar
met woorde, sinne, saamgevoeg
soos die boot die see invaar.
En of die bootjie dit gaan maak
en of hy gaan sink so langs die weg
sal ons nie nou al weet nie
maar ek maak daarvoor ook reg
want eers moet jy my binneste sien
en eers moet jy my ken
en dan, miskien, sal die dans aangaan
en ons die diepsee gaan verken.