FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Verlede liefde...

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Verlede liefde... Empty Verlede liefde...

    Post by Net ek... Fri 06 Jan 2012, 1:29 pm

    Jy...

    My muse, my gedagtelewe...
    Daardie stukkie hart wat jy altyd sal besit.
    Na jare kon ek jou vergewe
    en die hede na die verlede versit.

    Tussen kyke het jy my hart gesteel,
    met jou woorde het jy die 'deal' verseel,
    met kitaar in die hand daardie helder-maanlig aand
    het jy blomme laat bloeisel in Julie-maand.

    En jy...

    My dromer, my man van die nag,
    het die wolke verskuif op die reenerige dag
    en jy't 'n potlood geneem en my bome gekleur
    en met perfekte skoonheid die rose gegeur.

    Daar in my glashuis het jy gewag,
    vir ons wyn ingegooi, ons het saam gelag.
    Die woestyn by my agterdeur het weggewaai
    maar saam met jou sou ek dit kon raai.

    En ek weet jy is ver
    en ek weet jy is weg.
    En tog in my lewe
    maak jy steeds dinge reg.

    Ek weet dit was jare
    en ook 'n paar dae
    maar jy, my geheime liefling...
    is altyd nog daar.


    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Verlede liefde... Empty Re: Verlede liefde...

    Post by Claira Summers Fri 06 Jan 2012, 4:10 pm

    Skitterende vers - Hou baie daarvan
    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Verlede liefde... Empty Re: Verlede liefde...

    Post by Net ek... Fri 06 Jan 2012, 7:21 pm

    Baie dankie!! Ek waardeer dit werklik baie!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Verlede liefde... Empty Re: Verlede liefde...

    Post by Rudi Coetzer Thu 12 Jan 2012, 3:54 pm

    smile.soet op die oor...en klop-klop aan die hart.
    Mooi.
    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Verlede liefde... Empty Re: Verlede liefde...

    Post by Net ek... Fri 13 Jan 2012, 1:22 pm

    Dankie Rudi!

    ek waardeer dit erg baie! Smile

    Sponsored content


    Verlede liefde... Empty Re: Verlede liefde...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 7:27 pm