FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sommer 'n gedig vir jou

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Sommer 'n gedig vir jou  Empty Sommer 'n gedig vir jou

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:03 pm

    Heel onverwags het ons ontmoet
    als in die lewe nie net bittersoet
    Die afstand gemeet klink ver
    maar niks kan pad van sielsgenote versper
    Ek voel bang en onseker
    tog drink ek uit die beker

    Vrede en liefde bly my ontwyk
    dalk moet ek in jou hart bly kyk
    Elke nuwe oomblik saam met jou
    gaan ek nou aan God toevertrou
    Stil, sag en tevrede
    klop my hart vir jou met rede

    Weet nie wat die toekoms mag inhou
    tog moet ons net op God vertrou
    Wat ookal gebeur
    is nie vir ander om goed te keur
    Twee volmaakte siele geskep
    bloed druis deur my hart se klep

    In myself vind ek 'n deel van jou
    wat my hele wese omvou
    Soos 'n handskoen wat my gaan pas
    vind my siel jou eerste klas

    © Madri Cordier

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 11:19 am