FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Sommer maar net n gediggie

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Sommer maar net n gediggie Empty Sommer maar net n gediggie

    Post by Claira Summers Tue 25 Oct 2011, 1:27 am


    Ek skryf sommer
    maar net ʼn gediggie
    sommer net ʼn vers of drie
    want die woorde ken net oorvloed
    in my eie skrywers lied
    in die prosa en poësie
    uit my liefde - verlang
    ek probeer met die skaars paar letters
    ʼn wysie vir jou te skep
    ʼn woord of twee rep

    Ek skryf sommer
    maar net ʼn gediggie
    sommer net ʼn refrein of vier
    want sover ek kan
    skryf ek uit my hart uit
    wil die glimlag
    in my siel opwel
    ek probeer met die skaars lettergrepe
    ʼn frase vir jou uitspel
    n ritme te sing, te tel

    Ek skryf sommer
    maar net ʼn gediggie
    sommer maar net een vir jou
    want die woorde ken
    geen perk in my nie
    sal jy dalk my gedig onthou ?
    want met die siel ryke wonderlik woorde
    opgedra, opgedig, opgestel
    wil ek my storie
    vir jou vertel
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by SWERWER Tue 25 Oct 2011, 3:07 am

    Nie sommer net n gediggie nie! Wink
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by Claira Summers Tue 25 Oct 2011, 3:12 am

    Is ~ sommer so vinnige enetjie
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by Rudi Coetzer Tue 25 Oct 2011, 6:05 pm

    smile..ek hou hiervan...die sweetness daarvan..en so uit die hart uit...
    Vir intersantheid:Oorweeg die volgende in jou slot:

    Ek skryf sommer
    maar net ʼn gediggie
    sommer maar net een vir jou
    want die woorde ken
    geen perk in my nie
    sal jy dalk my gedig onthou ?
    want met die siel ryke wonderlik woorde
    opgedra, opgedig, opgestel
    wil ek my storie
    vir jou vertel

    >>
    Ruil die eerste deel en die tweede deel om,en lees dan weer jou gediggie....kyk of dit vir jou werk:
    Want met die siel ryke wonderlik woorde
    opgedra, opgedig, opgestel
    wil ek my storie
    vir jou vertel-

    Ek skryf sommer
    maar net ʼn gediggie
    sommer maar net een vir jou
    want die woorde ken
    geen perk in my nie
    sal jy dalk my gedig onthou ?
    >eindig dan jou voorlaaste strofe met n punt( . )

    ...net iets om te oorweeg...
    dink jou gediggie werk dan net beter....en jou slot beklemtoon dan die gediggie se betekenis sommer beter. Very Happy

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by Enid Tue 25 Oct 2011, 6:55 pm

    puik pas persoonlik by jou en kom verseker uit jou hart uit daardie gediggie Smile
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by Claira Summers Wed 26 Oct 2011, 3:12 am

    Baie dankie Enid, dit kom nogal daar diep uit. Dankie Rudi, dit klink vir my baie beter!! Oral waar ek vashak as ek skryf, kan jy die beter sy daarvan sien. Dankie vir jou opbouende comments.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by Rudi Coetzer Wed 26 Oct 2011, 3:51 am

    dis net n plesier.
    dankie dat jy voorstelle en opinie so goed hanteer.
    Ons almal leer mos maar..sometimes its the small things..
    soms kan mens een woord omruil...en dan is die verskil huge..ens. Very Happy
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by Claira Summers Wed 26 Oct 2011, 4:05 am

    Dit is baie waar ne. Dankie weereens.

    Sponsored content


    Sommer maar net n gediggie Empty Re: Sommer maar net n gediggie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 7:56 pm