Verslae kind
verganklik soos die wind
gebruiksartikel in ‘n spel
aanbidding van mammon
se goud en mag en hel
jou oog se sprankel lag
op moederskoot uitgeknikker
met honger koue bitter
siembamba mamma se kindjie……
verlate verskrik alleen
deur orde as pion bejëen
opgediende nagmaalfees
grond en mag moes behoue wees
jou gees se blik vir jou beskik
kind teen kind, aan vlarde geruk
gruweldade se kasty en druk
eiebelang, selfsug se vervloekte juk
siembamba mamma se kindjie…..
steeds oë wat tuur
op aardse hel en vuur
heroÏene oordaad maak jou kneg
wellus, goud en mag se weg
vooruitgang misbruik en die smag
jou nimmereindigende wintersnag
klots eggo’s vrae en verwyt
ongenaakbaar weggesmyt
hoon en greins die mens
siembamaba mamma se kindjie……
Mamma……….?
© 2011 Johan Schoeman
verganklik soos die wind
gebruiksartikel in ‘n spel
aanbidding van mammon
se goud en mag en hel
jou oog se sprankel lag
op moederskoot uitgeknikker
met honger koue bitter
siembamba mamma se kindjie……
verlate verskrik alleen
deur orde as pion bejëen
opgediende nagmaalfees
grond en mag moes behoue wees
jou gees se blik vir jou beskik
kind teen kind, aan vlarde geruk
gruweldade se kasty en druk
eiebelang, selfsug se vervloekte juk
siembamba mamma se kindjie…..
steeds oë wat tuur
op aardse hel en vuur
heroÏene oordaad maak jou kneg
wellus, goud en mag se weg
vooruitgang misbruik en die smag
jou nimmereindigende wintersnag
klots eggo’s vrae en verwyt
ongenaakbaar weggesmyt
hoon en greins die mens
siembamaba mamma se kindjie……
Mamma……….?
© 2011 Johan Schoeman