FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+3
Torm
AmmieMoon
SWERWER
7 posters

    Uitgelewer

    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Uitgelewer   Empty Uitgelewer

    Post by SWERWER Mon 10 Oct 2011, 10:21 pm

    Verslae kind
    verganklik soos die wind
    gebruiksartikel in ‘n spel
    aanbidding van mammon
    se goud en mag en hel
    jou oog se sprankel lag
    op moederskoot uitgeknikker
    met honger koue bitter
    siembamba mamma se kindjie……

    verlate verskrik alleen
    deur orde as pion bejëen
    opgediende nagmaalfees
    grond en mag moes behoue wees
    jou gees se blik vir jou beskik
    kind teen kind, aan flarde geruk
    gruweldade se kasty en druk
    eiebelang, selfsug se vervloekte juk
    siembamba mamma se kindjie…..


    steeds oë wat tuur
    op aardse hel en vuur
    heroÏene oordaad maak jou kneg
    wellus, goud en mag se weg
    vooruitgang misbruik en die smag
    jou nimmereindigende wintersnag
    klots eggo’s vrae en verwyt
    ongenaakbaar weggesmyt
    hoon en gryns die mens
    siembamaba mamma se kindjie……

    Mamma……….?


    © 2011 Johan Schoeman

    Opgedra aan Lizzy van Zyl van Bloemfontein en my inspirasie Ammie Moon
    Emily Hobhouse tells the story of the young Lizzie van Zyl who died in the Bloemfontein concentration camp: "She was a frail, weak little child in desperate need of good care. Yet, because her mother was one of the 'undesirables' due to the fact that her father neither surrendered nor betrayed his people, Lizzie was placed on the lowest rations and so perished with hunger that, after a month in the camp, she was transferred to the new small hospital. Here she was treated harshly. The English disposed doctor and his nurses did not understand her language and, as she could not speak English, labeled her an idiot although she was mentally fit and normal. One day she dejectedly started calling:

    Mother! Mother! I want to go to my mother! One Mrs Botha walked over to her to console her. She was just telling the child that she would soon see her mother again, when she was brusquely interrupted by one of the nurses who told her not to interfere with the child as she was a nuisance." Shortly afterwards, Lizzie van Zyl died.




    Last edited by SWERWER on Thu 13 Oct 2011, 10:35 pm; edited 2 times in total
    avatar
    Guest
    Guest


    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by Guest Mon 10 Oct 2011, 11:05 pm

    Besonderse werk met fyn aanvoeling vir die slagoffers van konsentrasie kampe, In my besit het ek nog n rantsoen kaartjie vir my oupa grootjie en sy gesin hy was toe 17,sy ouma Petronella Christina, was 'n nooi Pretorius die suster van onse Andries Pretorius,.. gestemel burger kamp middelburg gestempel 18 feb 1902 dit was 5 jaar voor my oupa se geboorte.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by AmmieMoon Mon 10 Oct 2011, 11:22 pm

    Eerstens, baie dankie Johan vir die eer om deur jou geëtiketteer te word as inspirasie ('n voorreg onverdiend)....

    Dan : Wat 'n akute, hartverskeurende, sny-tot-op-die-been realiteit en gebeurtenis (asook wêreld tendens) hier deur jou uitgebeeld. Kinders, deur al die eeue heen, was en bly steeds die ongevraagde ''casualties of war / life ''....die sonder stem, wie se bestaansreg (vanweë hul swakheid en broosheid) misken word in tye van oorlog, nood en tekort. Juis die wat ons moet beskerm, word die slagoffers van tyd... Jou pen skilder hier behendig die ongenaakbare aanslag teen ons kinders/nageslag.

    Weet jy, ek staan steeds stom om te dink dat jy maar nou bietjiedag begin skryf het en dat hierdie maar jou derde gedig ooit is...verstommend ! Jy sal my altyd aan die voete van jou verse vind.... damn, maak dit my nou 'n groupie ? giggel Like a Star @ heaven
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by Torm Mon 10 Oct 2011, 11:24 pm

    Dis baie reguit geskryf maar ek hou daarvan. Die inhoud is gewigtig,
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by Besoeker Tue 11 Oct 2011, 8:35 pm

    Lizzie is my heldin ! Een groot ( teer-klein!) rede hoekom ek my NOOIT met britse/engelse imperialisme sal versoen nie
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by anderkant Tue 11 Oct 2011, 8:46 pm

    Een onderwerp wat my binne oomblikke laat swaar sluk aan die seer knop in my keel. Ek wil 'n stelling hier waag: daar word vele male gebid dat God "hulle" dan hulle sondes sal vergewe. Ek sou bid, maak hulle bewus van die omvang van daardie sonde, sodat hulle opreg namens "hulle" self dan kan smeek om vergifnis. Ek is 'n swak mens, ek kan myself nie daartoe dwing om te bid namens enige iemand wat 'n euwel teenoor 'n kind pleeg nie. Laat hulle dan eerder self besef en bid.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by SWERWER Wed 12 Oct 2011, 2:28 am

    Ek verklaar vannand dat ek nooit sal rus om die uitbyting en vertrapping van kinders aan die kaak te stel nie. An sulkes wil ek onomwonde se dat my swaard reg staan vir julle wat in die donker rondsluip en julle siek planne beraam om weerlose en onskuldige kinders te gebruik vir julle eie gewin. Ek sal julle uitdelg en aan julle geen genade toon nie.
    Bobette Smit
    Bobette Smit


    Location | Ligging : Oos Londen
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 48

    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by Bobette Smit Fri 14 Oct 2011, 2:27 pm

    Shoe, jou gedig raak so - jou woorde troos half, maar is ook hartverskeurend. Pragtig gedoen!
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by Julia Hill Fri 14 Oct 2011, 10:37 pm

    This is a beautiful work Smile
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by Claira Summers Thu 20 Oct 2011, 2:19 am

    Baie Diep, die pyn van kinders steek my ook dwars in die krop, dit is iets wat die wereld defnitief sonder kan klaar kom. Good For You om n vegter vir kinder regte te wees.

    Sponsored content


    Uitgelewer   Empty Re: Uitgelewer

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 4:51 am