Ek wil my hart bewaar
teen jou skelm hande
wat dit wil hê.
Ek wil my hart bewaar
teen jou skelm glimlag
wat dit wil gaps.
Ek wil my hart bewaar
teen jou liefde
wat dit vas wil hou.
Ek wil my hart bewaar
maar dit is reeds te laat,
jou liefde het dit sowaar
klaar gesteel!
(kopiereg voorbehou)