FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Rudi Coetzer Thu 29 Sep 2011, 2:06 pm

    ñ Skoenie lapper om jou
    waar jy feëtjie-fyn
    op ñ wilde-varkoor sit
    met jou bene
    o so vroulik
    o so oulik
    o so verleidelik gevou .

    Jou speels-speels gryp
    na die skoenie
    wat poeiervlerk-kleurvol
    al om en om jou wapper
    en jou giggelgeel-giggel
    wat so diep uit jou lyfie borrel ,
    is vir my so sprokiesmooi
    is vir my so hemels-beautiful
    dat ek my composure verloor
    dat ek my balans verloor
    en uit my skuilplek
    in die wildevyeboom val –

    karplaks ! winduit voor jou voetjies .

    Reeds so lankal deur jou bekoor
    vanwaar ek elke dag
    uit my skuiling
    vir jou loer ,
    kon ek nie anders
    as om toe jy
    kamstig kwaai
    hande op jou sensuele heupe
    wydsbeen oor my kom staan
    ( met besorgdheid
    skalks in jou sagte
    warm stem verskuil )
    wipneus vir my vra
    “ mens wat maak jy hier ? ” ,
    stowwerig op te staan
    soekend na my asem
    met my beste êrenstige stem
    vir jou te sê
    “ Feëtjievrou ek het jou
    net kom vra of ek jou
    die hof kan maak . ”


    ( 01/03/2011 13h26 )
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Re: Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Nico10 Thu 29 Sep 2011, 2:28 pm

    Dis pragtig Rudi!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Re: Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Claira Summers Thu 29 Sep 2011, 2:32 pm

    Hoop die Feetjievrou besef sy is inderdaad ge-eerd om so verhef te word. Baie baie mooi. (uit n vrou se oogpunt) Rudi
    Danie Stander
    Danie Stander


    Location | Ligging : Vaalwater
    Posts | Bydraes : 31
    Points | Punte : 33
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-26
    Age | Ouderdom : 44

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Re: Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Danie Stander Thu 29 Sep 2011, 2:36 pm

    Sprekend in onskuld! Baie goed gedoen, Rudi!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Re: Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Rudi Coetzer Thu 29 Sep 2011, 2:39 pm

    baie dankie Nico.
    waardeer. Laughing
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Re: Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Rudi Coetzer Thu 29 Sep 2011, 2:41 pm

    Dankie Claira...eks die lucky een wat haar in die sprokieswoud kan dophou....en woordprentjies daaroor teken... Very Happy
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Re: Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Rudi Coetzer Thu 29 Sep 2011, 2:41 pm

    smile.Baie dankie Danie.Waardeer Wink

    Sponsored content


    Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is Empty Re: Feëtjievrou ( 5 ) : wat die hart van vol is

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 4:55 am