Jou feëtjievrou-rompie
is met silwer omlyn
weerkaats die lig sag
soos die lig
wat in my oë
vir jou skyn .
Die hoedjie op jou kop
laat jou so flippen oulik lyk –
jy sit my hart in gallop
elke keer wat ek vir jou kyk .
Jou leg-warmer’s
streel my oog
en jou glimlag
slaan my asem weg
jou hare wat so wild lok en krul
en oor jou skouers waterval
laat my vingers jeuk
en wanneer jy
jou mondjie so tuit vir my
wil ek saggies oor jou wange streel .
( 17/06/2011 22h31 )
is met silwer omlyn
weerkaats die lig sag
soos die lig
wat in my oë
vir jou skyn .
Die hoedjie op jou kop
laat jou so flippen oulik lyk –
jy sit my hart in gallop
elke keer wat ek vir jou kyk .
Jou leg-warmer’s
streel my oog
en jou glimlag
slaan my asem weg
jou hare wat so wild lok en krul
en oor jou skouers waterval
laat my vingers jeuk
en wanneer jy
jou mondjie so tuit vir my
wil ek saggies oor jou wange streel .
( 17/06/2011 22h31 )