Laatmiddag
val die son
soos ñ goue muntstuk
in die spaarbussie
van die aarde in
en hang nag sy donkerjas
aan die kapstok
van die boogmaan .
My hart se klop
wil stop
van verlange na jou
en my woorde droog op
as ek wil dig vir jou .
Jy feëtjievrou
in die woud
van my gedagtes ,
my oë versag oombliklik
en ek glimlag warm
by myself
en voel
hoe my hartklop versnel .
Feëtjievrou , ek wens
jy was nou hier
sodat ek jou kan vertel
wat se effek
jy op my het .
( 15/04/2011 21h52 )
val die son
soos ñ goue muntstuk
in die spaarbussie
van die aarde in
en hang nag sy donkerjas
aan die kapstok
van die boogmaan .
My hart se klop
wil stop
van verlange na jou
en my woorde droog op
as ek wil dig vir jou .
Jy feëtjievrou
in die woud
van my gedagtes ,
my oë versag oombliklik
en ek glimlag warm
by myself
en voel
hoe my hartklop versnel .
Feëtjievrou , ek wens
jy was nou hier
sodat ek jou kan vertel
wat se effek
jy op my het .
( 15/04/2011 21h52 )