FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Feëtjievrou ( 8 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 8 ) Empty Feëtjievrou ( 8 )

    Post by Rudi Coetzer Wed 05 Oct 2011, 12:56 pm

    Daar is ñ heelal in jou oë
    waar ek in verwondering
    deur wil reis
    tot in die sag
    van jou siel
    duskant die warm
    van jou hart se klop .

    Ek wil my kop
    daar op die kussing
    van jou voel neerlê
    my wang rus
    teen jou elke gedagte
    my oor wat luister
    na jou hart se elke fluister .

    Daar is ñ wêreld in jou gees
    wat ek wil ontdek
    van kant tot hoek
    so sorgvuldig bedek met jou vlees
    en diep weggesteek agter jou skaam glimlag .

    Ek wil jou sewe wonders besoek
    jou elke grafkelder penetreer
    jou elke artefak jou elke skat
    bewonder en versigtig restoureer
    tot die vroeër glorie wat dit eens was .

    Daar is ñ warmte in jou bestaan
    verskuil agter jou elke traan
    en ek voel die hunkering
    in jou elke versugting
    soos wat jou hoop taan .

    Feëtjievrou

    soms in die lewe
    is daar meer vrae
    as wat daar antwoorde is

    soms in die lewe
    is daar meer donker
    as wat daar lig is

    maar dit is
    en bly
    net soms .

    Die waarheid is
    skaars onder die oppervlak
    van jou kelder-bestaan
    geslote agter geheime gisters-gange
    skuil die ware jy
    wat soveel voel
    wat soveel
    het om te gee
    wat eeue lank al
    in donker-stilte wag
    om ontdek te word.

    Ek wil jou sewe wonders besoek
    jou elke grafkelder penetreer
    jou elke artefak jou elke skat
    bewonder en versigtig restoureer
    tot die vroeër glorie wat dit eens was .


    ( 30/04/2011 13h20 )


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 9:24 pm