Ek wil fetus-posisie
in die sag van jou oë
wat soms so ondeund is
wat soms so hoopvol is
wat soms so liefdevol is
wat soms so passievol is
wat soms so hunkerend is
wat soms so droomverlore is .
Ek wil kniel
in die warm van jou hart
wat soms so spontaan is
wat soms so vrolik is
wat soms so gelukkig is
wat soms so huppelend is
wat soms so vreugdevol is
wat soms so vreedsaam is .
Ek wil jou beleef
elke oomblik
van elke dag
ook in die donkertye
van jou nag .
Ek wil jou elke emosie meeleef
ook jou hartseer tye
ook jou af tye
ook jou stil tye
ook jou ongelukkige tye
ook jou bemoerde tye
en al die ander tye
wat my nou ontgaan .
Feëtjievrou
ek wil daar wees vir jou -
nou , môre en vir ewig .
( 10/05/2011 18h52 )
in die sag van jou oë
wat soms so ondeund is
wat soms so hoopvol is
wat soms so liefdevol is
wat soms so passievol is
wat soms so hunkerend is
wat soms so droomverlore is .
Ek wil kniel
in die warm van jou hart
wat soms so spontaan is
wat soms so vrolik is
wat soms so gelukkig is
wat soms so huppelend is
wat soms so vreugdevol is
wat soms so vreedsaam is .
Ek wil jou beleef
elke oomblik
van elke dag
ook in die donkertye
van jou nag .
Ek wil jou elke emosie meeleef
ook jou hartseer tye
ook jou af tye
ook jou stil tye
ook jou ongelukkige tye
ook jou bemoerde tye
en al die ander tye
wat my nou ontgaan .
Feëtjievrou
ek wil daar wees vir jou -
nou , môre en vir ewig .
( 10/05/2011 18h52 )