FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Feëtjievrou ( 9 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 9 ) Empty Feëtjievrou ( 9 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 06 Oct 2011, 4:58 pm

    My hart vrystaat
    in die winter
    waar nag
    ys agterlaat
    wat smôrens
    onder jou voete kraak
    en ek
    volg jou spore na buite
    want ek kan jou nie sien
    deur die wasem
    teen die ruite
    en wanneer son
    jou hare vang
    jou gesig
    verlig
    snak ek na my asem
    want weereens besef ek
    ek is slegs ñ omstander
    in hierdie toneel
    wat jare later
    nog duidelik soos daglig
    weer en weer
    voor my gaan afspeel
    en my hart
    elke keer gaan laat
    somer .

    ( 04/05/2011 10h29 )

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 6:05 pm