Die stadsliggies
daar onder
sprokie deur die mis
en ek en jy
sit hier op die heuwel
been teen been
heup teen heup
skouer teen skouer .
Ons stokkiesvuur
se vlamme flikker
in jou maangroen-oë
en jou hand
is klein
en warm in myne .
Jou lippe
smaak na marsh mellow
en in jou soene
proe ek
ñ toekoms
saam met jou .
( 25/06/2011 21h38 )
daar onder
sprokie deur die mis
en ek en jy
sit hier op die heuwel
been teen been
heup teen heup
skouer teen skouer .
Ons stokkiesvuur
se vlamme flikker
in jou maangroen-oë
en jou hand
is klein
en warm in myne .
Jou lippe
smaak na marsh mellow
en in jou soene
proe ek
ñ toekoms
saam met jou .
( 25/06/2011 21h38 )