Lente blos op jou wange
Namakwaland
is in volle blom
in jou oë .
En ek ?
Ek is net ñ toeris
wat my vergaap
aan jou natuurlike prag
aan jou innerlike skoonheid
en foto’s neem
van jou
met my oë .
Elke kosbare een
bêre ek versigtig
daar waar ek
ñ sagte warm plekkie
vir jou het .
( SM Storieman
15/09/2011 19h53 )
Namakwaland
is in volle blom
in jou oë .
En ek ?
Ek is net ñ toeris
wat my vergaap
aan jou natuurlike prag
aan jou innerlike skoonheid
en foto’s neem
van jou
met my oë .
Elke kosbare een
bêre ek versigtig
daar waar ek
ñ sagte warm plekkie
vir jou het .
( SM Storieman
15/09/2011 19h53 )