FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Feëtjievrou ( 12 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 12 ) Empty Feëtjievrou ( 12 )

    Post by Rudi Coetzer Wed 12 Oct 2011, 5:15 pm

    Net buite die rand
    van die sprokieswoud
    onder die boogmaan se lig
    binne hoorafstand
    van jou
    giggels en neurie
    waar jy en jou magic wand
    met vuurvlieg-lampies
    se kleure speel
    onder ñ groot ou treurwilger
    slaan ek my tentjie op
    wat ek vannag
    met net myself gaan deel .

    Met droë takkies
    pak ek ñ klein vuurtjie
    met bewende hande aan
    wat net nie die koue
    uit my hart hande en lyf
    kan verdryf .

    So terwyl ñ warm traan
    teen ñ koue wang afloop
    en ek gehurk
    teen die vuurtjie sit
    wens ek ek het harder gebid
    en dat ek ons tyd saam oor kon koop .


    ( 07/06/2011 23h08 )

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 7:05 am