FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die rotsvalk se oorwinningsvlug (wen gedig van 2009-2010 se digkompetisie)

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die rotsvalk se oorwinningsvlug  (wen gedig van 2009-2010 se digkompetisie) Empty Die rotsvalk se oorwinningsvlug (wen gedig van 2009-2010 se digkompetisie)

    Post by AmmieMoon Fri 09 Sep 2011, 10:23 pm

    Die rotsvalk se oorwinningsvlug





    As jy met jou luimerende musk en

    sandelwood aroma (wat soos klam

    dennenaalde en mos in die lug hang)

    robuust agter my lyf inskuif om in my

    sagte voue koesterplek te kry,

    vul 'n vrede, soos die vlug van swaels

    na somer kontinente, my hele wese.




    Vou die akropolis van jou manwees

    om die versteende drukskeure

    van my hart se rotssykant,

    om die pirokseen, graniet en erts van my verlede

    soos 'n steenvalk in sy snawel weg te dra

    na sy nes.



    Lees jy die petroglief en paddasteen

    vervleg in my aorta

    met braille vingerpunte

    oor die kontoere van my lyf.

    Vind jou primitiewe oerdrang

    (wat soos 'n jong buffel

    oor bar vlaktes dreun)

    rus in die wolfluweel

    van my sagklaende vroue figuur.



    Maak ek my oop soos 'n saffierblou

    hemelruim op 'n wolklose dag,

    om jou te voed met my nektar

    druppend soet, vloeiend in my geslagsdrif

    opgesluit

    net vir jou.



    Gee ek my oor in jou digtershande

    wat minneverse oopskryf in die

    donker dieptes van my verwese siel.

    Wat my met jou heuningwoorde

    laat verdwaal in die sprokie van

    jou volslae troonafstand

    in die betreding van my grondgebied.








    © 2009 Almarie Truter

    ( 28 Nov. 2009 )

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 6:22 am