FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie) Empty My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    Post by AmmieMoon Sun 11 Sep 2011, 12:01 pm

    Vandag haal ek uit my dof verligte kelder
    'n ballasmandjie gevleg uit rietlote,
    gepluk deur bruin hande
    wat al singende met blink gewaste voete
    deur vlak water van verlate vleie beweeg.

    Dra dit op bleek skouers na my lowergroen boord

    swanger van vrug -
    soos my geswolle lippe as jou minnaars kus
    dit met passie vir soet verslind.

    As dag op die grond val, vang ek die

    eerste strale van 'n nuut gebore son
    om as waasomhulsel vir verpakking
    te gebruik.

    Stap soos Pomona,

    met vrugbare vol heupe op mosbegroeide paadjies
    wat deur my boorde lyn.
    Pluk persdruif om te pars vir godewyn

    om jou dronk te maak vir begeerte
    wat in my diepte skuil.
    Reik na roosrooi appels,
    sappig van soete sap
    om jou te lak
    aan suikerspore van my lag.

    Aarbeie, broos geswel met lig,

    versamel ek om deur donker sjokolade
    te streep, jou een een te voer
    tot jy my vingers met jou mond besmeer.

    Sit kwepers bymekaar

    om liggeel tameletjies te rol,
    jou so te knoop aan die goue koord om my lyf.

    Vir jou bewerk ek die somervrugte van my mannin-gees

    om jou nooit weer te laat smag na wat kon wees
    Sodat jy word
    die vervulde ontvanger
    van my seisoen se oes.


    © 30/11/2009 Almarie Truter
    avatar
    Besoeker
    Guest


    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie) Empty Re: My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    Post by Besoeker Sun 11 Sep 2011, 12:16 pm

    vrugteslaai.godespys,soos afrodisiak van haar seisoen.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie) Empty Re: My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    Post by AmmieMoon Sun 11 Sep 2011, 12:24 pm

    Smile...ta
    avatar
    Guest
    Guest


    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie) Empty Re: My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    Post by Guest Sun 11 Sep 2011, 2:50 pm

    "Sodat jy word
    die vervulde ontvanger
    van my seisoen se oes." dit omskryf die hele ode aan passie in hierdie gedig so mooi! maan vrou jy heers voorwaar
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie) Empty Re: My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    Post by BennyB Mon 12 Sep 2011, 1:27 pm

    Ammie

    Ek dink ek het reeds op die gedig van jou gekommentaar maar wil weer so maak. Jou woorde en die gevoel wat jy skets, dit dan oordra aan die leser is besonders. Min mense het dit om jou in verse te kan vas vat, jou laat wil en meer wil he. Soos altyd haal ek my hoed af vir jou en kan ek ma net se...as ek maar eendag soos jy kan skryf!

    Baie dankie vir die deel van die besonderse stuk werk, mag jou woorde oor geslagte mense se lewens verryk!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie) Empty Re: My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    Post by AmmieMoon Mon 12 Sep 2011, 2:49 pm

    Aauuuuhhh....thanks Ben,en dankie vir die wonderlike vriend wat jy in my lewe is en vir jou ondersteuningen onvoorwaardelike daarwees ! Jy maak my lewe ryk !

    a

    Sponsored content


    My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie) Empty Re: My somervrugte vir jou ( ook 'n wengedig tydens die 2009-2010 kompetisie)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 16 May 2024, 1:18 pm