FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30

    avatar
    Guest
    Guest


    Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30 Empty Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30

    Post by Guest Sun 18 Sep 2011, 11:17 pm

    Nou ja ek het n vriendin, en nee sy bly nie by die see nie en sy kan nie
    klavier speel nie, maar ons drink ook wyn en kuier tot die laaste sigaret,
    en as ek so raak soos ek die week is dan se sy net" oë Hell Griet moet al
    weer 'n sprokie skryf," maar hierdie is nie n sprokie, en die wat my ken sal
    weet ek nogal n taai, moedswillige stukkie vleis, maar partymaal net
    partymaal kom ek dinge in my lewe teë wat my vol in die wind slaan, wat my
    laat stop en dink, wat my maak my bottel goeie wyn en n glas vat, my bad
    vol bubbles maak en net in die bad lê en huil en huil tot my badwater sout
    water is, my wyn bottel in die flat bubbles dryf en ek in my siel vrede
    gemaak het en die storie in my kop in plek is.


    Ek wil julle vandag vertel van Junior, ek het hom die week een aand
    ontmoet, hy is n seuntjie met pragtige sjokolade bruin oe en n windgat
    kuif, maar junior lê agter stom oe en neem in, of neem nie in nie, want
    sien junior het op n paar weke oud breinvlies ontsteking gekry, dit was so
    8 jaar terug, toe het sy wêreld daar in mekaar getuimel, en sy ma en sy
    boeties en sussies sin ook, sy pa sin seker ook, weet nie want sy pa het
    geloop, besluit dat Junior nie sy probleem is nie,


    Nou ek het Junior ontmoet na n benoude oproep van sy ma om hulp, en soos
    dit maar gaan ken ek toe nou die nodige aards engel om agter na te sleep,
    en daar gaan ons, na 'n skoon, maar primitiewe huis iewers buite die dorp op
    'n plaas.


    Toe ek hom die eerste keer sien het ek in die skadu vertrek na my asem
    gesnak, sy vel n doodse grys wit, sy oë stokstyf en sy asemhaling skaars
    die van n pasgebore katjie.


    Ek gaan die hele storie nie hier vertel, wat ek jul wil vertel is dat
    daar nie n hospitaal in die stad is wat sulke kinders wil help, al is hul
    sterwend want sy ma het nie geld vir die beste dokters en professors nie,
    dat Junior se ma na agt jaar nou eers begin uit vind presies wat fout is
    met haar kind, want toe hy op sewe weke ontslaan is het die dokters net vir
    haar gesê hier is jou kind hy is gestrem, sit hom in n tehuis en vergeet
    van hom. Maar sy het nie sy het op haar manier hom versorg, hom nagte deur
    opgepas, hom haar hele wêreld gemaak, sonder om enige idee te he wat om te
    verwag nie, want sy het nie genoeg geld om die kennis te koop van die
    "wonderlike slim mense in smart hospitaal gange nie"
    Danksy die engel wat ek op sleep tou geneem het, en ja die wat my skrywe
    ken sal weet ek praat van my pragtige donker kop dogter, is Junior daai
    selfde aand deur haar en haar mede paramedici versorg , gestabiliseer en
    vervoer, en danksy hulle is hy nou in n goeie hospitaal se kindereenheid
    waar spesialiste, van die bestes, vir die eerste keer in sy lewe toets en
    bepaal wat die skade aan sy brose verwronge lyfie is, nou na al die jare
    gaan hul met operasies sorg dat sy gestel beter kan werk en dat hy in
    minder pyn sal wees van sy spastiese spiertjies, o ja Junior is omtrent
    50cm lank en weeg so 9 na 11 kg,


    Junior is in almal se gebede want almal besef dat ten spyte van die hulp
    wat hy nou ontvang is hy nou op geleende tyd, so die mense in hul jumpsuits
    en flitsende ligte het hom die keer terug geraap van die dood maar hy is op
    die einde van sy lewensverwagting.

    Dan gaan my gedagtes terug, terug na die aand toe ek hom ontmoet het, terug
    na my dogter se bleek gesig wat onderlangs vir my fluister" ma help, ek
    alleen kan nie hom red" maar sy het, ek gaan terug na daai are so dun soos
    brei wol in sy armpies waar sy n drip naald probeer in kry, en ek besef,,
    daar is soveel dinge in my lewe wat my seer maak in die nanag, soveel spoke
    wat in grys mis in my kop loop, dan besef ek terwyl ek in my eie wêreld
    myself so jammer kry, slaap my dogter rustig met haar jong lyfie, gesond
    oor haar bed, staan my ander dogter oor nog n kind, of dronk man of siek ou
    mens se liggaam en stel hul rustig gerus terwyl sy om hul lewe veg,,, en sit
    n vrou iewers by n gaslamp en versorg haar gestremde
    baba...........................................................................................
    en ek weet God is my genadig, want ek leef tussen engele


    Hierdie stuk het ek Januarie 11 2009 geskryf....Junior is die eerste
    Sondag van Oktober deur sy ouers stil en hartseer begrawe.

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 4:55 am