FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek leef

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek leef Empty Ek leef

    Post by BennyB Sun 18 Sep 2011, 12:12 am

    Ek haal weer asem
    sien weer na baie jare
    'n reënboog droom
    se goud voor my voete lê

    ek was blind,
    stom
    dom
    vasgevang in verwagting
    en leë hoop
    het droomloos geword
    ophou proe,
    ruik
    voel
    ek was 'n dwaas
    my deur wind laat verlei

    ek was die lam ter slagting
    die tekens afgepen
    maar ek was blind
    vir die valbyl
    se glimmer lem
    in my donker uur

    maar nou het ek ontwaak
    uit my dwase slaap
    om weer die aandster te sien
    wat my nou lei
    na hier
    na die kleur in my nanag droom.

    Laat my vry
    uit die ballingskap van toe,
    laat my leef
    in kleur en klank
    in hoop sonder vrees

    los my hart en gees
    om te rus en heel
    langs wilde kosmos,
    teen die sagte dreun
    van jou hart se pols.

    BennyB
    27/06/2011 Barend Booysen


    avatar
    Guest
    Guest


    Ek leef Empty Re: Ek leef

    Post by Guest Sun 18 Sep 2011, 2:06 am

    freedom of one's own hell! puik

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 11:23 am