FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Freezeframe ( 20 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Freezeframe ( 20 ) Empty Freezeframe ( 20 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 13 Mar 2012, 1:55 pm

    Die beeswagtertjie
    dut verveeld ,
    sy rug moeg gestut
    teen die warm skurf
    van die rots .

    Vyftig meter weg
    maak die Brandwag
    skril alarm .

    Die bobbejaan trop
    spat suutjies uitmekaar
    en soek skuiling .

    Die luiperdmannetjie
    stil honger nader
    in die sku skaduwees
    van die laatmiddagson .

    Twee dae later
    kry die soekgeselskap
    die beeswagtertjie se lyk ,
    ongevreet in die braambosse
    by die voet
    van die waterval ,
    met ñ glimlag
    verstar op sy bleek gesig .

    Dit was
    ñ beautiful droom .



    ( 09/01/2009 23h57 )

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 3:07 am