FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    GEBROKE SIEL

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    GEBROKE SIEL Empty GEBROKE SIEL

    Post by Barend Wed 25 Apr 2012, 1:37 pm

    GEBROKE SIEL

    Grou grys koue
    van winter smart
    laat sy ys greep
    op my gebroke hart

    deurnat wind verwaai
    biddend geluk lê om die draai
    my wêreld vasgevang in nood
    lewensdruppels verdamp
    my siel lankal dood

    beloftes van gister
    het ek benodig
    soos lewensbrood
    al wat ek gekry het
    krummels in die sloot

    verlore deur besluite
    my lewensmaat
    kaalvoet stukkend
    sleepvoet loop
    oor geroeste doringdraad

    syfer motreën neer
    vloei soos trane om my heen
    penetreer my wese
    verdrink verdwaal in eie bloed
    stroop die lewe my kaal

    © Barend van Huysen
    Attachments
    GEBROKE SIEL AttachmentGebroke Siel.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (16 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 7:05 am