FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    In die dorp van my siel se strate

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    In die dorp van my siel se strate Empty In die dorp van my siel se strate

    Post by Rudi Coetzer Wed 05 Oct 2011, 1:17 pm

    Orals lê papiere
    rondgestrooi opgefrommel
    A4 , servette , gigguides
    ( op A5 papier gefotostateer )
    met my handskrif opgeskribbel
    gedigte voltooi halfvoltooi .

    Liefde hel
    sosiale kommentaar
    begeerte wense
    breekhart
    breeksiel
    seer
    hoop
    vreugde
    ( te min )
    humor
    ( ek’t my funny bone verloor )
    fantasie
    erotika hygverse
    ( was te lanklaas in daai zone )
    wen
    verloor
    verloor
    verlange
    ( x 1000 )
    misken
    geken
    ontken
    respek
    disrespek
    teleurgestel
    vriendskap
    vyande
    verstaan
    misverstaan
    vertrou
    gewantrou
    assholes
    mense vir wie ek lief is
    natuur
    mensdiere
    ( wat alles op…f…o…k
    mishandel
    verniel
    opgebruik
    doodmaak )
    en deur hulle gatte trek .

    Alkohol
    depressie
    donker
    nag .

    Min slaap .

    Moegheid .

    Vrees .

    Opgefok .
    Goed gedoen .

    Agter die skerms .

    Die lewe vlieg verby .

    Ek wonder
    wanneer die dag
    môre breek
    of die wind
    alles meer deurmekaar
    sal waai

    en

    of dit dalk net
    vir ñ verandering
    ñ stormstildag
    sal wees .

    Ek wonder
    of die straatveërs
    en die aslorrie
    verby sal kom


    ( 11/10/2010 21h55
    F…O…K
    Ek het klomp goed uitgelaat )

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 10:27 pm