jy het gekom vanuit nêrens
pers van jakarandas
'n sawwe streel teen 'n stad se grys mure
vanuit nêrens het jy kom lila teen my aangesig
my ken opgelig
jy het reën gemaak en oggendmis vir my aangedra
winter vir my in akwamaryn strikke verbind
vir my kom gee om te hou
om te kan blou teen jou
my woorde was vir jou vreemd
jy het nie my mosbegroeide roetes gewis nie
nie my geur geëien oor hierdie bar kontinent nie
maar jy het my naam geken
my naam
jy het my naam geken toe jy voor my staan
en hier haak ek vanaand
op 'n chaotiese weskus strand
omring met onewe lyne en weggespoelde wit
met 'n visseisoen wat skool oor 'n vlakwater rif
met leegtes wat teen nag se buikvinne skif
net 'n vrou
net 'n vrou met 'n maan as hart
met sterre vir oë
met 'n melkweg wat drup uit my boesem
'n son wat skroei in my lende
my asem wat knoop met wind
net 'n kaalvoet weskus kind
en as ek nou oor einders tuur
na waar swart rimpels teen die oosterkim kwyn
is al wat ek sien
jou pers jakarandas
jou sawwe streel teen 'n stad se grys muur
jou lila teen my aangesig
jou hand wat my ken oplig.
© 2011 Almarie Truter